All I Want Is You

February 21, 2012 23:24 by Admin

All I Want Is You se trailer!

Verwag die Dag

February 20, 2012 21:30 by Admin

Verwag die Dag en agtergrond van die tune!

Mieliepapseun

February 7, 2012 21:14 by Admin

Mieliepapseun en die storie daaragter!

Vars Uitgekerf

February 3, 2012 00:17 by Admin

Ons album,"Vars uitgekerf", is uiteindelik klaar en die launch datums kruip vinnig nader! Vir die volgende 3 weke gaan ons 'n paar videos oplaai om jul 'n voorsmakie te gee van die album...asook omte wys wat ons in studio gedoen het, gniet!!

Bevonk RSG

December 18, 2011 22:37 by Admin

Ons onderhoud op RSG op die program: Bevonk

Bladwisselend Video

December 2, 2011 20:49 by Admin

Ons het nou in November weer in Vleesbaai gaan kuier vir 2 weke om ons nuwe album op te neem - "Vars uitgekerf". Ons is BAIE opgewonde oor die album en sal in Februarie launch, hou die spasie dop vir 'n hele paar lusmakertjies voor Feb! Terwyl ons toe op Vleesbaai vertoef het ons nog 'n musiekvideo geskiet, geniet hom!!  

 

DANKIE ouboet Tienie!

January 27, 2011 20:09 by Admin

Ons webtuiste is deur my (Jouba) se ouer broer, Tienie Jordaan, ontwerp en aanmekaar getimmer. My broer is 'n rekenaar programmeerder en 'n flippen masjien met enige rekenaar of eletroniese apparaat, van kleins af het hy my gat geskop in die veld! Finansieël is Kaleidoskoop nog aan die platsak kant en ons moes mooi beplan met die bou van ons webtuiste. My broer het egter sonder om te aarsel gesê hy sal dit vir ons doen en daar is nie 'n manier ons betaal hom nie, hy doen dit met liefde. Tot vandag toe nog moet hy gedurig in sy vrye tyd aan ons webtuiste skaaf en regstellings maak. Hy is getroud en 'n man wie se vrye tyd nie uit die lug val nie. So Tienie, ouboet, vrek baie dankie vir al jou tyd en moeite, ek wens ek kon vir jou 'n vet rol note in die hand stop sodat ek beter kon voel en jy kon kry wat jy verdien! Indien ons nog oor 'n paar jaar steeds platsak is sal ek maar begin afbetaal deur jou kinders (waarvan daar nog nie sprake is nie) se doeke om te ruil...of iets in daai belaglike rigting! ;) Dankie BAIE, ons waardeer dit opreg, we salute you!! 

Dankie vir al die gasvryheid!

January 13, 2011 10:00 by Admin

Ons met ons grys, double cab Isuzu en 'n lekker Mercedes Vito bussie vol vrinne het die Desember 'n kus toertjie aangepak. Moet sê dit was sekerlik ons lekkerste toer tot op hede, vakansiegangers het mos gees! Wil sommer net van die geleentheid gebruik maak om al die mense wat ons op ons toere so hartlik ontvang en bederf te bedank. 'n Bord warm kos, 'n sagte bed en goeie geselsskap beteken baie vir ons op die pad, DANKIE julle!! Hou ons kiekies dop vir 'n paar gees oomblikke wat vasgevang is. Ons is nou weer aan die bande pomp - Maandag vertrek ons weer Gauteng toe, moet sê ons raak nou lief vir die Noorde van die land en sy mense, sien uit!! Vrede

Ons Website het ge-launch!

September 7, 2010 08:00 by Admin

Na 'n redelike lang gewag is ons website nou uiteindelik aan die gang! Ons gaan nog elke dag so paar goete oplaai ens, so hou gedurig dop.

Verder is ons woes aan die admin en reelings tref vir toere wat nou opkom..veral na die Noorde van die land, sien uit!!

Hou ons gig guide gedurig dop, ons sal hom gereeld opdateer om jul op hoogte van sake te hou.

Verder vra ons almal om groot asb jul vriende te vertel van ons musiek en/of ons website! Bitter baie dankie ook dan aan almal wat die "word of mouth" ding vir

 ons doen,waardeer dit groot!

Vir die wat wil: indien jul dink die website is cool en jul vriende sal dit ook geniet - post ons website adres groot asb op jul wall, thanks!!

Vrede!